
Lewer 1 porsie. 'n Voedsame (en morsige!) vingerontbyt.
Bestanddele:
- 1 hardgekookte eier
- 1 sny bruinbrood, liggies gebotter en in blokkies gesny.
Maak so:
- As julle tyd het, wys jou kind hoe om die eier af te dop.
- Julle kan ook 'n prentjie teken op die eier voordat julle dit afdop.
- Laat jou kind self die eier in blokkies sny met 'n oulike eiersnyer.
- Sit die broodblokkies in 'n bakkie en laat sy die eier en brood saam men en dan met 'n vurkie of lepel, of haar vingers, eet.