book-icon Uitgawe Oktober 2022 tot Januarie 2023

RESEP | Lekker lollies

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Watter kind hou nie van roomys nie? Dit kos net ’n paar minute om self tuis lollies te maak. Sit dit in die vrieskas en vergeet daarvan tot ’n lekker warm middag wanneer jy jou kind daarmee kan verras. Jy sal sien hoe daardie ogies begin blink as jy die lollies uitkeer. Tuisgemaakte lollies of ysies is boonop baie goedkoper en gesonder as gekoopte roomys. Al wat jy nodig het, is ’n mooi gietvorm. Verskillende soorte van silikoon of plastiek is oral vir ’n appel en ’n ei te koop. Dink saam prettige name vir jul gunsteling-kombinasies uit.

1. Vir die eenvoudigste ysies vries jy eenvoudig vrugtesap of kombinasies van vrugtesap. Gunstelinge is grenadella, bessiesap, lemoensap, druiwesap of dikker sappe soos appelkoos-en-mango. Die enigste sap wat nie gevries kan word nie, is pynappelsap op sy eie, maar as jy dit met ander sap kombineer werk dit heel goed. As jy meer tyd het, kan jy verskillende kleure sap lagie vir lagie vries om ’n baie mooi ysie op te lewer.

2. Rooibostee-ysies is ook besonder verfrissend. Dit smaak ’n bietjie meer waterig as die ysies van suiwer vrugtesap. Kombineer dus gerus ook ystee en ekstra sap of ’n bietjie aanmaakkoeldrank.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees