book-icon Uitgawe Oktober 2021 tot Januarie 2022

Grootskool: Die groot dag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Getty Images
Getty Images

Dis normaal om benoud oor die onbekende te voel. Grootskool is ’n groot stap en die blote gedagte kan sommige kinders (en ouers) oorweldig. Die paar dae wat daardie eerste skooldag voorafgaan, bied die volmaakte geleentheid om oor gevoelens te praat en oor hoe om sekere emosies te hanteer. Doen dit speels, hou dit lig en gee praktiese raad.

1. Maak saam ’n “Ek gaan skool toe!”-boek. Hierin kan julle saam die storie skryf en prentjies teken waarin mamma verduidelik hoe ’n skooldag verloop en wat die verskillende elemente daarvan is, soos: aankoms, groet juffrou en maatjies, klaswerk, pouse, ’n kosblik vol verrassings, buitespel, verdere klaswerk, en so aan. So sal jou kind baie meer voorbereid wees op die onbekende en haar eerste skooldag met meer selfvertroue aanpak.

2. Die aand voor die groot dag is amper net so belangrik as die groot dag self. Hoe minder spanning jy en jou kleinding saam bed toe neem, hoe minder gespanne sal die volgende oggend verloop. Hou dinge rustig en beskou dit as die laaste geleentheid om met jou kleuter te bind. Môre is sy ’n skoolkind.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees