Hierdie artikel is gepubliseer in die Julie 2015 uitgawe van Baba & Kleuter.
Wiskunde gaan nie net oor sommetjies maak nie – die vak het vele verskillende fasette. Dit sluit ’n begrip in van getalle en telvaardighede, maar ook konsepte soos hoeveelhede, gewig, inhoud, grootte, rangorde, patrone en verhoudings tussen dinge.
Daarby behels dit meting, breuke, skatting en selfs statistiek.