book-icon Uitgawe November & Desember 2020 & Januarie 2021

Beweging help jou kraam

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Dis met ’n goeie rede dat die hospitaal of vroedvrou jou gewoonlik aanmoedig om jou so lank moontlik tuis besig te hou terwyl jy kraam – nie net lei dit jou aandag af nie, maar die gedurige verandering van posisie en die feit dat jy rondloop, kan help om jou pynbelewenis meer draaglik te maak, jou selfvertroue te versterk en die duur van die bevalling te verkort.

In verskeie studies is bevind ’n regop, aktiewe kraamposisie maak kontraksies meer doeltreffend. Dit verkort ook die kraamproses, verminder die behoefte aan oksitosien om kontraksies te versterk, en verminder die vraag na pynmedikasie.

Een studie het gewys die ontsluitingstyd van 3 tot by 10 cm was met die helfte korter wanneer vroue hul kraamposisie afgewissel het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees