book-icon Uitgawe Junie tot September 2022

OEFENINGE | Sterk en soepel deur jou swangerskap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Uit ons argief. Fotograaf: Neil Kirby
Uit ons argief. Fotograaf: Neil Kirby

Moenie jou bene ignoreer net omdat jy hulle nie meer oor jou boep kan sien nie! ’n Mens dra in die laaste trimester swaar en hoe sterker jou bene, hoe beter gaan jy voel. Onthou, jy gaan ook jou baba moet kan ronddra en sterk bene gaan beslis help met die stamina wat jy as nuwe ma nodig sal hê.

Beenoefeninge help ook om swangerskapskete te verlig. Baie swanger vroue kry rugpyn en sterk bene kan ’n bietjie van die las van jou rug wegneem. Beenoefeninge help daarby om jou bloedsomloop te verbeter, wat jou teen swangerskapskwale soos spatare en beenkrampe help beskerm.

Die drie eenvoudige oefeninge wat ons hier wys, is bedoel om jou daaraan gewoond te maak om jou bene eerder as jou rug te gebruik wanneer jy iets optel. Hou by ’n roetine waar jy drie tot vier keer per week beenoefeninge doen en jy sal die vrugte pluk terwyl jy kraam en ook as ’n nuwe ma wat nie net haar baba nie, maar ’n klomp ander goed soos ’n doeksak moet rondkarwei en ’n stootwaentjie moet kan oopvou, opvou en by die motor kan in- en uittel.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees