Slaapklere met knopies voor is ideaal wanneer jy tot 10 keer per dag ’n baba aan jou bors moet koester. Veral in die winter wil ’n mens nie jou hele bostuk oplig en dan sit en bibber nie. Belê daarom gerus in sagte, praktiese nagklere van Cherry Melon. Die stel kos R529. Koop dit aanlyn by cherrymelon.co.za, of maak ’n draai by een van hul takke in Canal Walk (Kaapstad), Menlyn (Pretoria) of Cresta (Johannesburg).
Carriwell se Seamless Premium Maternity and Hospital Panty is spesifiek ontwerp vir gebruik in die hospitaal nadat jy die lewe geskenk het. Die materiaal is lig en sag en lugdeurlatend, maar sal ’n doekie goed in plek hou. Dis ook veilig vir gebruik nadat jy ’n keisersnee ondergaan het. Pak ’n paar in jou hospitaaltas. Te kry teen R79,95 by Baby City, Babies R Us, Clicks, takealot.com, loot.co.za en goeie kraamdragwinkels.