book-icon Uitgawe Junie, Julie, Augustus & September 2021

Swangerskap-raad: Wanneer skop sy?

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

VRAAG: Ek het my baba op 13 weke vir die eerste keer voel skop en boonop die naelstring sien beweeg. Daarna het ek my verbeel ek kon hom weer ’n paar keer voel beweeg, maar toe raak dit stiller. Ek is nou 18 weke swanger en voel nie meer definitiewe beweging nie. Wanneer skop ’n baba met mening, sodat ek seker kan wees dis wat ek voel, en hoe gereeld daarna moet ek hierdie skoppe voel? Raak die skoppe meer namate die ongebore baba ouer word, of moet ’n mens van jou eerste skop af elke dag min of meer dieselfde aktiwiteit voel?

DR. JP DU BUISSON ANTWOORD: In ’n eerste swangerskap kan ’n mens gewoonlik beweging van omtrent 20 weke af begin voel.

In die daaropvolgende swangerskappe kan jy dit van vroeër af voel, want nou weet jy mos reeds hoe dit voel wanneer baba begin beweeg. Aanvanklik kan die baba se bewegings vlietend wees, maar dit sal later ál sterker word.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees