book-icon Uitgawe Junie, Julie, Augustus & September 2021

Veilig swanger

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Hormoonveranderings laat menige ma se vel gloei, maar byna net soveel swanger vroue voel soos tieners met velle vol puisies en knoppies. Baie mondelikse akneebehandelings bevat retinoïese suur, wat geboorte-afwykings en ’n verhoogde risiko vir miskraam as newe-effekte het. Ander aansmeer-behandelings wat die middel tretinoïen bevat, is ook nie veilig tydens swangerskap nie.

Die meeste voedingskundiges reken baie klein hoeveelhede kafeïen hou geen gevaar in nie. Die Johannesburgse dieetkundige Tammy Wolhuter beveel aan dat jy jou kafeïen tot 150-300 mg (twee tot drie koppies koffie) per dag beperk. Onthou, kafeïen kom ook in koeldranke, tee en sjokolade voor.

Voor 12 of 14 weke beskerm die bekken die swangerskap. As jy dan val of teen iets stamp, behoort dit geen probleme te veroorsaak nie, tensy jy in ’n ernstige ongeluk betrokke is. Daarna word die baba goed beskerm deur die vrugsak vol vloeistof, maar as jy ’n direkte slag teen die uterus kry, moet jy jou dokter raadpleeg.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees