Die Burger se Kinderfonds skop weer af ná jare se suksesvolle insamelings en skenkings aan organisasies en jy kan deel wees van dié inisiatief deur ’n skenking te maak.
Om geld in te samel vir die Kinderfonds kan baie maklik wees: Plaas ’n fles in die kombuis en maak al die kleingeld bymekaar. Skenk die geld vir die fonds in plaas daarvan om Kersgeskenke te koop. Hou ’n veiling van korporatiewe geskenke in die kantoor en skenk die geld, óf kies die fonds as begunstigde vir jou Woolworths MySchool-kaart en skenk soos jy koop.
Waarvoor word die geld gebruik?