1

Sy het op Hogsback in die Oos-Kaap grootgeword as die oudste van haar ouers, Tobie en Anleen, se drie kinders.

“Ons het op ’n hoewe gebly, en dit het nie altyd ’n televisiesein gehad nie, maar die radio het altyd sein gehad,” vertel sy. Dis hoe Cato op die radio na rugby, tennis en krieket begin luister het. 

Cato in aksie in die SuperSport-ateljee
Cato in aksie in die SuperSport-ateljee. Foto: Instagram/@catolouw

2

Cato is tot gr. 7 tuis onderrig. Sy het daarna by die Hoërskool Grens in Oos-Londen begin skoolgaan.

“My ma was my juffrou en my twee sussies, Eleni en Klara, was my klasmaats.” Sy het in haar skooljare netbal, hokkie, waterpolo en tennis gespeel en aan atletiek deelgeneem.”

Saam met haar SuperSport-medeaanbieders Motshidisi
Saam met haar SuperSport-medeaanbieders Motshidisi Mohono en Kate Nokwe. Foto: Instagram/@catolouw

3

Haar droom was om die Bokke se fisioterapeut te word. Sy het in 2011 B.Sc.-sportwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch studeer en het later ’n diploma in sportwetenskap aan die ETA College behaal.

In 2016 het sy gesien SuperSport soek nuwe rugbyaanbieders – en toe beland sy op TV.  

4

Cato het in 2013 haar eerste smakie van radiowese gekry by die Stellenbosse kampusradiostasie MFM nadat sy daar aangesluit het. Vier jaar later het sy hul eerste voltydse sportprogram begin aanbied.

“Ek kon elke liewe dag twee uur lank tussen twaalfuur en tweeuur oor sport gesels.”

Agter die mikrofoon by KFM
Agter die mikrofoon by KFM. Foto: Instagram/@catolouw

5

Die aktiewe Kapenaar het ’n weeklikse drafgroep “Cato’s Crew” begin wat Vrydagoggende 5 km hardloop en daarna gaan koffie drink. Sy doen ook twee keer per week “kragoefeninge”.

Cato moes onlangs haar oefenprogram afskaal nadat sy covid-19 opgedoen het. 

Cato hou van oefen, maar moes afskaal toe sy onla
Cato hou van oefen, maar moes afskaal toe sy onlangs covid opgedoen het. Foto: Instagram/@catolouw

6

Sy is ’n hondemens. Haar staffordshireterriër, Olympia, is twee jaar oud.

“Ek het met staffies grootgeword. Toe ek die kans kry om een van my eie te kry, toe moes ek net,” sê sy.

Haar hond, Olympia
Haar hond, Olympia. Foto: Instagram/@catolouw

7

’n Hoogtepunt was om in 2019 deel van die Wêreldbekerrugbytoernooi-uitsaaispan te wees.

“Ek was by fan parks en in die ateljee terwyl die Beker aan die gang was; dit was so spesiaal.”

cato in aksie
Cato in aksie. Foto: Instagram/@catolouw

8

Sy is al 11 jaar in ’n verhouding met die voormalige MasterChef SA-deelnemer Francois Zietsman.

“Francois is ook lief vir rugby en is ’n Sharks-ondersteuner. Ek skree vir al die spanne.”

9

Vir ontspanning stap Cato graag saam met haar hond en geniet ’n goeie koppie koffie. ’n Lekker braai saam met vriende is vir haar tops.

10

Sy beskryf haarself as passievol, supernuuskierig en snaaks.

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe