Op 10 is sy klaar ’n ontluikende skoonheid. Om haar eerste dekade op aarde te vier, kyk ons na die 10 redes waarom sy een van die oulikste kleingoed in die glanswêreld van die bekendes is.

1. Haar ouers kan nie genoeg van haar kry nie

In ’n verjaardagboodskap het ma Victoria (47) haar dogter beskryf as “die pragtigste jong dame van binne en buite”. Daarby het sy ’n foto geplaas van Harper wat klopdans.

View this post on Instagram

A post shared by Victoria Beckham (@victoriabeckham)

2. Haar naam is net so koel soos sy

Met sy dogter se geboorte het David ’n video gedeel waarin hy verduidelik waar haar ongewone naam vandaan kom. “Victoria se gunstelingboek is To Kill a Mockingbird. Dit is ’n sterk, passievolle boek en die skrywer daarvan is Harper Lee.”

View this post on Instagram

A post shared by Victoria Beckham (@victoriabeckham)

3. Sy’t ’n skopskoen soos min

Harper het al keer op keer haar staal op die sokkerveld gewys teen haar pa en broers, Brooklyn (22), Romeo (18) en Cruz (16).

David deel alte graag foto’s van sy dogter in aksie. “Bend it like Harper,” het hy al vir sy 63,2 miljoen volgelinge gesê.

4. Sy’s ’n ontluikende modepop

Harper kan haar ook in die jongste modes uitvat soos dit die dogter van ’n voorste mode-ontwerper betaam. Sy sit dikwels in die voorste ry by haar ma se modevertonings.

5. Haar haarstyl is stylvol verby

In 2019 het Harper met ’n nuwe bob-haarstyl die kollig by haar ma se modevertoning by die Londense Modeweek gesteel.

Die rede? Wel, dit was byna ’n presiese replika van die immer gewilde styl van Vogue se hoofredakteur, Anna Wintour, wat ook by die geleentheid was. “Harper of Anna, wie dra dit die beste?” het David gespot.

David, Harper en Anna Wintour by ’n modevertoning.
David, Harper en Anna Wintour by ’n modevertoning. Foto: Gallo Images/Getty Images.

6. Sy’s lief vir ma en pa

Victoria het onlangs ’n dierbare nota gedeel wat hul dogter vir haar en David met slaaptyd geskryf het.

’n Nota wat Harper vir haar ma en pa geskryf het.
’n Nota wat Harper vir haar ma en pa geskryf het. Foto: Instagram Stories.

7. Sy’s tuis in die kombuis

Harper geniet dit om in die kombuis te werskaf met ’n bietjie hulp van haar ma.

In 2016 het Victoria foto’s gedeel van kolwyntjies wat hulle vir Halloween gebak het. Verlede September het sy ’n video op Instagram gedeel van hulle twee wat ’n appeltert vir die gesin bak.

8. Sy’s ’n ontluikende filantroop

Harper was net vyf jaar oud toe sy haar ma ’n T-hemp help ontwerp het om geld vir Wêreldvigsdag in te samel.

Haar tekening van ’n stokfiguurtjie langs ’n hart met Wêreldvigsdag se rooi lint daarby het op ’n reeks T-hemde verskyn wat Victoria uitgereik het.

9. Sy’s ’n grimeerghoeroe in wording

Dit lyk of sy maklik eendag aan die stuur van haar ma se skoonheidsryk sal kan staan. Victoria het Harper verfilm toe sy met oogskadu ’n glansryke voorkoms vir haar ma skep.

10. Sy’s ’n cool toekomstige skoonsus

Al is sy net 10 jaar oud, geniet selfs haar ouboet se verloofde, Nicola Peltz, dit om saam met haar uit te hang.

Harper is “die dierbaarste, liefdevolste en pragtigste mensie wat ek ken”, sê Nicola, wat beplan om later vanjaar met Brooklyn te trou.

Bronne: Metro.co.uk, Guardian.com, TheSun.co.uk, Hellomagazine.com, Eonline.com, Harpersbazaar.com, Graziamagazine.com, Pagesix.com
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.