En kyk net hoe gelukkig lyk hul ma en pa.

Angelique en Jacques Potgieters se tweelingdogtertjies is hier!

Die kleingoed, wat Olivia en Annabella heet, het hul opwagting op 1 Februarie om 09:22 gemaak. 

Jacques het kort voor hul geboorte op Instagram geskryf: "Ons is amper vyf. Ons is nou in die hospitaal en wag om Annabella en Olivia te ontmoet."

Kort hierna was hul twee prinsessies hier. Die kleingoed is vroeg gebore. Angelique sou die komende Sondag 35 weke swanger wees. 

"Ek het baie gehoop en gebid dat alles tot op 37 weke kan loop, maar God se timing is die regte timing en dit is vinniger as my timing," het sy op 30 Januarie op haar Facebook-blad geskryf.

Sy het kort nadat die tweeling gebore is vir Huisgenoot laat weet “alles het goed gegaan”.

Die Potgieters is reeds die trotse ouers van 'n eenjarige seuntjie, Jacques jr.

Baie geluk, Jacques en Angelique!