Hanna het die nuus self op Instagram bekend gemaak en die allerfraaiste foto daarby gedeel met 'n hartjie, manlief se Instagram-naam, en die hutsmerke "#todaymybestfriendwasborn #grateful".

#todaymybestfriendwasborn #grateful @bokvanblerkreal ??

A post shared by Hanna Grobler (@hannagrobler) on

Die glanspaar, wat hul lewe privaat van die media hou, het eers in Maart deur hul mediawoordvoerder, Jenny Griesel, aan Huisgenoot bevestig hulle verwag hul tweede kind. “Ons is baie opgewonde,” was al wat Bok destyds oor dié nuus wou sê.

In daardie stadium was dit onbekend hoe lank Hanna al verwag, sy het foto's van die ooievaarstee op Instagram gedeel wat ons snuf in die neus laat kry het.

Die hasie-tema en pienk kleure is volop in die foto’s, maar dit is onbekend of hul seuntjie (1), ’n boetie of sussie gaan kry.  

Die kleinding het op 19 Desember 2017 sy eerste verjaardag met ’n Paw Patrol-partytjie gevier.

Hanna se roerende boodskap aan haar eersgebore seun wat in April 2015 stilgebore is, het onlangs hartsnare geroer toe sy sy derde verjaardag herdenk het. “Ek sal nooit vergeet hoe baie jy na jou pappa gelyk het nie my oudste seuntjie, Louis. Vandag sou jy 3 jaar oud gewees het. Ons kan nie wag om eendag saam met jou in die hemel te speel nie!” het sy nog op Instagram geskryf.