Sy het die nuus met 'n pragfoto saam met haar en haar kêrel, Warren Wheatley, se babaseuntjie op Instagram gedeel. Die kleinding heet Christian James Wheatley.

Tatum het die eerste twee strofes van Roberta Flack se klassieke treffer The First Time Ever I Saw Your Face by die foto geskryf.

Tatum het aan die einde van April 'n prentjiemooi ooievaarstee gehad, ná sy haar swangerskap vir die eerste keer in Januarie bekendgemaak het. Sy het ook gereeld ná die aankondiging haar babamagie gewys.

Preggo Gym Bunny ????????

A post shared by KESHWAR (@tatumkeshwar) on

A post shared by KESHWAR (@tatumkeshwar) on

Die gastelys vir die ooievaarstee het gewemel van skoonhede. Mej. SA 1994, Basetsana Kumalo, en Mej. SA 1995 Bernelee Daniell, het ook foto's van dié spoggeleentheid op Instagram gedeel.

Die ooievaarstee is by The Oyster Box in Durban gehou, en Tatum het gestraal in 'n blou rok met 'n blommekrans op haar kop.

#kisses #mommyslove ??

A post shared by Bernelee Daniell (@bernelee_daniell1) on

Durban you beaut....

A post shared by Basetsana Kumalo (@basetsanakumalo) on

Baie geluk, julle twee!