Die sangeres agter die treffer Nothing Breaks Like a Heart, en die ster van Independence Day: Resurgence, het in Desember verlede jaar afgehaak ná ’n aan-af-verhouding wat begin het nadat hulle mekaar in 2009 op die stel van die fliek The Last Song ontmoet het.

’n Woordvoerder vir Miley het in ’n verklaring aan People gesê sy en Liam het saamgestem dat hul paadjies moet skei.

“Hulle het voortdurend ontwikkel en verander as lewensmaats en individue, en het besluit dit is die beste besluit terwyl hul albei op hulself en hul loopbane fokus. Hulle bly toegewyde ouers vir al hul diere wat hulle deel terwyl hulle op liefdevolle wyse hierdie tyd weg van mekaar neem. Respekteer asseblief hul proses en privaatheid.”

View this post on Instagram

My love ??

A post shared by Liam Hemsworth (@liamhemsworth) on

Hoewel aanhangers hartseer was oor die nuus, was daar tekens wat hul egskeiding nie veel van ’n verrassing maak nie.

1. Dit twee het lanklaas foto’s saam op Instgram gedeel. 

Ietwat vreemd, aangesien hulle nooit vantevore geskroom het om hul verhouding op Instagram te deel nie.

View this post on Instagram

Abs like a ninja turtle ??

A post shared by Liam Hemsworth (@liamhemsworth) on

2. Hulle het tydens hul aan-af-verhouding van 10 jaar verskeie kere uitgemaak.

3. Nie Miley of Liam het die afgelope paar maande op foto’s hul trouringe gedra nie.

View this post on Instagram

Mute me if you don’t want SPAMMED

A post shared by Miley Cyrus (@mileycyrus) on

4. Liam het nie ’n woord aanlyn gerep oor Miley se nuwe liedjie, She Is Coming, wat op 31 Mei uitgereik is nie. Die Australiese akteur het al vantevore inskrywings oor sy vrou se werk op Twitter en Instagram gedeel.

5. Miley hou nou vakansie in Italië saam met haar ouer suster, Brandi (32), en vriende.

View this post on Instagram

Sister Sister ??

A post shared by Brandi Cyrus (@brandicyrus) on

Tydens die vakansie is sy afgeneem waar sy die blogger Kaitlynn Carter (30), wat onlangs met die werklikheidstelevisiester Brody Jenner (35) uitgemaak het, soen.

View this post on Instagram

rock the boat, don’t rock the boat baby ??

A post shared by Kaitlynn Carter (@kaitlynn) on

Bronne: E! Online, People, Bustle.com