marc lottering
Marc Lottering. Foto: Lindsey Appolis

Hy het ook onlangs ’n nuwe liedjie “This Isn't Enough” vir die sangeres Vicky Sampson geskryf.

“Dit is ’n liedjie oor iemand wat ’n toksiese verhouding moet verlaat. Ek is so opgewonde oor hierdie projek, want Vicky het die lied vokaal na ondenkbare plekke geneem,” sê hy.

View this post on Instagram

A post shared by Marc Lottering (@marc_lottering)

Marc verklap wat hy tydens die inperking geleer het.

marc lottering
Marc en Chad Chitter op die verhoog. Foto: Verskaf

1. HOE WAS DIT OM TYDENS DIE INPERKING TE WERK? 

Dit was nogal ’n skuif om aanlyn te moet beweeg. Ons moes aanvanklik met geen gehoor skiet nie, wat baie vreemd was. Dit het makliker geraak soos ons aangegaan het, veral toe ons ’n klein lewendige gehoor toegelaat het. 

2. HOE VOEL JY OOR DIE STEUN WAT JY IN DIÉ MOEILIKE TYD GEKRY HET? 

My aanhangers was lojaal, en ek kan hulle nie genoeg bedank dat hulle daar was vir my wanneer ek ’n nuwe vertoning aangebied het nie. Hulle het my gedra.

3. NOEM EEN DING WAT JY WENS JY VOOR DIE INPERKING GEWEET HET? 

Dat ek vir soveel ure net my oë sou wys oor ek ’n masker moet dra. Ek sou sagter met my oogarea gewees het.

4. NOEM EEN DING WAT DIE INPERKING JOU GELEER HET? 

Moenie drukkers as vanselfsprekend aanvaar nie.

5. HOE WAS DIT OM MET CHAD CHITTER SAAM TE WERK?

Hy is te mooi. Dis afleidend, maar ek bly gefokus. Sy energie is aansteeklik. Dames (en sommige here) bedank my dat ek Chad saambring. Ek hou van saam met hom werk en ons sal baie meer saamwerk.

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe