Terwyl die voormalige aktrise se swangerskap baie soos dié van enige ander verwagtende vrou sal wees, moet sy ’n paar baie unieke reëls nakom.

Meghan moet:

1. Die baba se geslag geheim hou

Selfs Meghan (37) en Harry (34) sal moet wag tot die voormalige aktrise die lewe skenk om vas te stel wat die baba se geslag is. 

By ’n verpligting in Birkenhead vroeër die week het die koninklike aan omstanders bevestig sy weet nie of sy ’n seun of dogter verwag nie, maar baie mense het sterk menings oor wat hulle dink die geslag is. 

2. Die koningin eerste in kennis stel

Koningin Elizabeth II (92) sal eerste oor die geboorte van die baba ingelig word. 

Volgens Daily Mail het prins William (36) Haar Majesteit kort ná die geboorte van al sy kinders gebel op ’n foon wat met enkripsie beveilig is.

3. Geen ooievaarstee hou nie

Hoewel ooievaarspartytjies nie teen enige protokol indruis nie, is dit hoogs onwaarskynlik dat Meghan een sal hê. 

Volgens ABC News sê die koninklike kenner Victoria Arbiter dit is nie vir die hertogin nodig om een te hê nie en die geleentheid sal nie goed lyk in die oë van die mense nie, veral nie dié wat teen die monargie gekant is nie. 

“Hulle het die bykomende druk dat hulle duidelik baie welgesteld is en ’n weelderige ooievaarstee sal as uiters onvanpas beskou word,” sê sy. 

“Daar’s niks wat hulle nie self kan gaan koop nie,” voeg sy by.

4. Die baba in ’n gebreide kombers toedraai 

Tradisioneel word koninklike babas voor hul eerste bekendstelling aan die publiek in kantagtige sjaals toegedraai wat in Nottingham, Engeland, gemaak word. As die hertog en hertogin van Sussex ’n dogter kry, sal sy ’n piepklein bypassende mussie dra. 

5. Die baba na koninklikes noem

Koninklike babas word altyd na voormalige of huidige lede van die monargie genoem. Die driejarige prinses Charlotte van Cambridge se volle naam is Charlotte Elizabeth Diana. Haar naam bring hulde aan haar oupa, prins Charles (70), oumagrootjie koningin Elizabeth en oorlede ouma, prinses Diana. 

Bronne: Mirror, People, Daily Mail, Good Housekeeping, Fox News