Ons kyk na ses van die prysenswaardige Guinness World Records wat haar majesteit tydens haar heerskappy behaal het.

Langs heersende monarg

Volgens Guinness World Records het sy nadat sy haar 94ste verjaardag op 21 April gevier het ’n regeertyd van 68 jaar en 75 dae bereik.

Dít nadat sy op 6 Februarie 1952 ná die ontydige dood van haar pa, koning George VI, die troon bestyg het.

Die langs heersende monarg het ook sedertdien koningin Victoria se rekord van 63 jaar en 216 dae van 20 Junie 1937 tot 22 Januarie 1901 verbeter.

Oudste Britse koningin

koningin Elizabeth
Foto: Gallo Images/Getty Images

Sedert 2007 word koningin Elizabeth II as die oudste heersende monarg erken nadat sy die 81 jaar en 244 dae van haar ooroumagrootjie, koningin Victoria, oortref het. En in 2008 het sy koning George III se rekord van 82 jaar verbygesteek.

Oudste koningin ter wêreld

koningin Elizabeth
Foto: Gallo Images/Getty Images

Koningin Elizabeth het in 2015 op 89 die oudste lewende koningin ter wêreld geword toe koning Abdullah van Saoedi-Arabië op 90 dood is.

Langs heersende (lewende) monarg ter wêreld

koningin Elizabeth
Foto: Gallo Images/Getty Images

Op 88 jaar het haar majesteit die titel oudste heersende monarg ter wêreld verwerf toe koning Bhumibol Adulyadej van Thailand op 13 Oktober 2016 ná ’n heerskappy van 70 jaar dood is.

Gesig op die meeste op geldeenhede

koningin Elizabeth
Foto: Gallo Images/Getty Images

Koningin Elizabeth II se gesig verskyn op die geld van minstens 35 lande – meer as enige lewende monarg.

Nadat sy in 1952 die troon bestyg het, het haar afbeelding op verskeie banknote in verskillende lande begin verskyn. Kanada was die eerste land wat haar gesig vertoon het.

Rykste koningin

Op Forbes se lys van magtige vroue vir 2019 beklee koningin Elizabeth die 40ste plek. Sy het teen 2016 ’n geskatte totale nettowaarde van R10 miljard gehad.

Bronne: Guinness World Records, The Sun, Express UK, Washington Post, Forbes, Business Insider, Guardian

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.