“Ek voel teleurgesteld. Ek wil altyd besig wees, aktief wees, en het ’n paar lekker storielyne wat voorlê,” vertel die 7de Laan-ster aan Huisgenoot

“Jy voel jy laat produksie en jou medeakteurs in die steek, al is dit nie 100% die geval nie."

Deànré saam met sy 7de Laan-medesterre. Van links
Deànré saam met sy 7de Laan-medesterre. Van links is Rubin Wissing (Ludo), Blyde Smit (Gabby), Mila Guy (Lana), en Deànré.

Deànré (24) het verlede naweek saam met vriende gaan rugby kyk. Een van sy pelle het hom Dinsdag gebel en laat weet dat hy moet isoleer nadat hy positief vir covid-19 getoets het.

“Al die ander het negatief getoets. Lyk my die noodlot het bepaal ek moet die siekte kry,” sê die akteur.

Teen Vrydag, op sy derde dag in isolasie, het hy ’n krapperige bors en ’n ligte hoes gehad, maar dit is die koors wat hy  ondervind het wat hom teen die mure uitgedryf het. 

“Ek het Vrydagaand erge koors gehad, maar ek is vandag springlewendig, sterk en het geen kwale nie,” vertel Deànré.

Die akteur bly tans in Pretoria saam met sy meisie, Marulet Venter, wat as ’n sosialemediabestuurder by ’n haarprodukmaatskappy werk. Deànré en Marulet is al byna vyf jaar lank 'n paartjie.

Marulet het intussen negatief vir covid-19 getoets. “Sy gaan terug werk toe. Ek en sy kom dus ook nie in kontak met mekaar nie.”   

Deànré Reiners saam met sy meisie, Marulet Venter.
Deànré Reiners saam met sy meisie, Marulet Venter. Foto: Marijke Bezuidenhout

Op stel 

Volgens Deànré is almal op stel en wat werk aan die produksie gesond. 

“Ons het streng maatreëls om spesifiek dit te onderhou, en ook om te sorg produksie word nie tot ’n halt gedwing nie,” sê hy. 

“Produksie werk rondom my, en van die tonele word herskryf en ander tonele sal in ’n latere stadium geskiet word." 

Deànré is 'n fiksheidsbom. Hy glo vas in die uitdr
Deànré hou van fiks bly. Hy glo vas in die gesegde ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees. Foto: Alex de Waal
Deànré is 'n fiksheidsbom. Hy glo vas in die uitdr
Deànré hou van fiks bly. Hy glo vas in die gesegde ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees. Foto: Alex de Waal
Deànré is 'n fiksheidsbom. Hy glo vas in die uitdr
Deànré hou van fiks bly. Hy glo vas in die gesegde ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees. Foto: Alex de Waal

“Ek gaan dit die volgende rukkie rustiger vat as gewoonlik,” sê Deànré. 

Volgens die akteur beplan hy om aktief te bly deur strekoefeninge te doen en soveel as moontlik rond te beweeg. Saam met die oefening gaan hy ook mediteer, meer lees en fokus op sy studie, vertel Deànré, wat tans deeltyds kommunikasiewetenskap by Unisa swot. 

Onder normale omstandighede het hy tussen ses tot sewe keer ’n week geoefen. Dit het gewoonlik bestaan uit gimsessies en om gereeld te draf. “En oor die naweke sal ek gaan stap in die natuur of gaan bergfiets ry,” sê Deànré.  

Die akteur geniet dit om naweke die wêreld plat te
Die akteur geniet dit om naweke die land op sy fiets te verken. Foto: Verskaf

Blink toekoms

Deànré maak binnekort klaar met sy studie by Unisa. Hy hoop om dan verder te studeer. 

“By 7de Laan het ek rêrig besonderse storielyne wat voorlê. Ek hoop ook om elke dag beter werk te lewer vir die kyker,” sê hy. 

Volgens die akteur is 2021 ’n jaar van groei, ontdekking en vernuwing. 

“Ons ervaar moeilike tye, maar ek glo ons gaan sterker en beter aan die ander kant uitstap." 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.