Tog is dié tyd van die jaar vir haar 'n tyd van introspeksie.

“Ek hou daarvan om te kyk na wat ek geleer het.  Ek en my man (Ryan Huffman) doen dit graag met lekker bier of sjampagne by kerslig en  goeie musiek. Dan kan al die emosies oor die jaar laat uitvloei, daarvan afskeid en uitsien na die uitdagings van die nuwe jaar.”

Sy is vol drome oor die jaar wat kom: “Ek wil meer tuin maak, minder stres oor geld en tyd en geniet wat is. Ek wil leer Zoeloe praat en leer hoe om ’n musiekinstrument te speel.”

Quinne Brown saam met haar kroos. Foto: Martin de
Quinne Brown saam met haar kroos. Foto: Martin de Kock

Sy wil meer motiveringspraatjies vir vroue doen en haar man ondersteun met sy nuwe onderneming, die bierbrouery Naked Face Brew.

Maar die ma van Charlotte (7) en Lara (4) vertel haar prioriteit le tuis: “My grootste wens is vir vreedsame dae. En ek wil musiek maak saam met ons kinders en dans elke oggend as ons wakker word.”