Quinne vertolk die rol van Connie van der Lecq in die sepie 7de Laan. 

View this post on Instagram

Vanoggend by Blue Bell Guesthouse in Tzaneen. Ek gesels met ma en dogters by @hsmerensky. Ek is beskikbaar. Boek my vir praatjies en saam kuier by irene@speakersprofile.co.za Outfit is van @heartandheritage ??

A post shared by Quinne Brown (@quinnebrown) on

"My eerste Kersfees in Amerika, die jaar wat ek op Ryan (haar man) verlief geraak het, was 'n unieke ervaring en een wat ek altyd na aan my sal dra. Hulle gaan groot in Amerika en die Kersboom, geskenke, kos en familie is als oorweldigend groot en tog uit die hart en eg. Ek het my hart nie net op Ryan verloor nie; ek het dit verloor op sy hele familie daai jaar," onthou Quinne. 

Quinne, Ryan en hul dogters, Charlotte (8) en Lara (5), gaan hierdie jaar Kersfees by hul familie in Kalifornië vier. 

"Ons is lief daarvoor om die Kersboom saam op te sit en dan al ons spesiale ornamente met okasie op te hang, elkeen dra 'n gedagte of herinnering. 'n Boom vol herinneringe.

"Ons bak ook koekies en maak seker om vir Kersvader en sy takbokke lekkernye gereed te sit die aand voor Kersfees. Ons doen gewoonlik niks spesiaal vir Nuwejaar nie. Ons kuier net saam met vriende, lekker wyn en baie musiek," sê Quinne. 

Quinne sê wat Kersgeskenke betref , is dit die idee daar agter wat tel, nie die prys of grootte nie. Sy hou ook daarvan om saam met haar dogters kreatief te raak en tuisgemaakte geskenke aanmekaar te slaan.

Sy vertel ook dat sy in die Kerstyd die meeste maak van die vrye tyd wat sy het deur te rus, te lees en legkaarte te bou. 

Sy het groot planne vir 2020, vertel Quinne.

"Ek hoop om teater en film te doen in 2020. Ek hoop om my praatjie te verwerk en dit by meer ma-en-dogter-geleenthede of skole, kerke en feeste te deel. Ek wil ook graag my digbundel publiseer," vertel die aktrise.

"Ek en my man se podsending, Beer&Babes, gaan ook van die grond af kom," sê Quinne. 

"Daar is altyd baie om na uit te sien, maar ons gaan maar saam met die stroom en dan bly dit lekker."