Die sangeres van die treffer Dangerous Woman het teruggekap nadat ’n Twitter-gebruiker haar gekritiseer het omdat sy haar kêrel van die afgelope twee jaar, Mac Miller (26, BO), gelos en ’n verhouding met die komedie-akteur Pete ­Davidson (24) aangeknoop het.

Ariana se huidige vlam, die akteur Pete Davidson. Foto: Gallo Images/Getty Images

Elijah Flint het getwiet: “Mac Miller het sy ryding afgeskryf en is vir bestuur onder die invloed aangekeer nadat Ariana Grande hom vir ’n ander ou gelos het.

“Dit nadat hy ’n album aan haar opgedra het met die titel The Divine Feminine. Dis die hartverskeurendste ding in Hollywood.”

Ariana (24) het teruggekap en gesê die twiet is seksisties.

So het Ariana teruggekap. Foto: Twitter.

Mac Miller het van die toneel weggehardloop nadat hy met sy nutsvoertuig teen ’n paal in Kalifornië gebots het.

Toe die polisie hom aankeer, het hulle vasgestel sy bloedalkoholvlak is twee keer so hoog as die wettige perk in Amerika.

Ariana het ná die voorval getwiet: “Pas jouself asseblief op.”