Die voormalige ster van The Hills se halfsusters Kendall (22) en Kylie Jenner (20) was nêrens te sien toe hy met die invloedryke mode-en-skoonheidsblogger trou nie.

Volgens bronne het Brody die laaste jare van hulle vervreem geraak en onlangs erken hy is ook oor Kylie se swangerskap in die duister gehou.

“Ons het nooit van my twee kleinsussies gehoor nie,” het Brody aan die tydskrif People erken.

Kendall en Kylie Jenner. Foto: Gallo Images/Getty Images

“Ek dink nie hulle het ooit geantwoord nie. Ons het vir hulle ’n uitnodiging gestuur, maar nooit iets teruggehoor nie. Ek sou hulle graag daar wou hê.”

Die 34-jarige se beroemde pa, Caitlyn Jenner (voorheen Bruce), kon die troue ook nie bywoon nie weens “werkverpligtings wat maande vooruit vasgestel was en nie verander kon word nie”.

Die 68-jarige het wel haar skoondogter se henneparty bygewoon en aan haar Instagram-aanhangers gesê dit was “baie beter as rampartytjies”.

Bronne: TMZ.com, People.com