Sy begaan meestal nie ’n enkele fout op Instagram nie, maar Kim Kardashian West het onlangs groot teenreaksie ontlok met ’n inskrywing.

Kim (37) het vroeër vandeesmaand deurgeloop toe sy ’n advertensie deel wat suiglekkers bemark wat jou eetlus onderdruk.

Die inskrywing het hope mense se aandag getrek, veral internetgebruikers wat in die gesondheidsbedryf werk. Hulle het gekap na die ma van drie omdat sy slegte eetgewoontes aanmoedig onder haar 111 miljoen aanhangers, van wie talle jong meisies is.

Bronne: news.com.au, people.com

FOTO'S: INSTAGRAM