Baie mense het gedink Chloë en Brooklyn is steeds in ’n verhouding nadat hulle hul aan-af-romanse in September verlede jaar hervat het.

Hulle het immers Brooklyn se 19de verjaardag verlede maand saam gevier. Maar Brooklyn het onlangs in ’n tatoeëersalon in Hollywood vryerig geraak met Lexi, ’n Kanadese model wat al vir Vogue en Playboy poseer het.

In ’n onderhoud met die tydskrif GQ in 2017 het Lexi onthul sy wil eendag ’n modeontwerper word.

“Ek maak altyd aanpassings aan die klere wat ek koop om my eie stempel af te druk.

Ek sou graag iets van die begin af wou maak,” het die model verduidelik. Wel, met dié dat Brooklyn se ma die gevierde modeontwerper Victoria Beckham is, sou ons sê Lexi is op die regte pad.

Bronne: DailyMail.co.ukSothesbyaustralia.comElle.comUSmagazine.comStandard.co.ukIndependent.co.ukEonline.com