Sy pragtige donkerkopverloofde, Danieka du Plessis, het die blye nuus aan Huisgenoot bevestig.

Hugo (36) het die groot vraag Vrydagmiddag by die paartjie se huis in Randburg, Johannesburg, gevra. 

Hy het die dag noukeurig beplan en wou alles gereed kry terwyl Danieka Vrydag by die werk was.

Hugo kort voordat hy vir Danieka die ja-woord gevr
Hugo kort voordat hy vir Danieka die ja-woord gevra het. Hy het hulle huis vol rooi rose versier. Foto: Carla Marx Photography

Sy is egter weens verkoue vroeg by die werk weg en Hugo se romantiese planne is amper in die wiele gery.

"Almal het toe ingespring om te keer dat ek nie ná my doktersafspraak vroeg by die huis aankom nie,” vertel Danieka (27).

 “Ek het boodskappe van my ma, suster en Hugo gekry wat my in een rigting en dan in 'n ander gestuur het om verskeie take af te handel.”

Hugo se ma het gehelp om uit te vind oor Danieka s
Hugo se ma het gehelp om uit te vind oor Danieka se smaak vir haar verloofring. Foto: Carla Marx Photography

Toe sy eindelik laatmiddag by die huis aankom, het sy ’n klomp motors by hulle huis sien staan.

Hugo se ateljee, Muse Studios, is op dieselfde eiendom, en sy het by haarself gedink: “Sjoe, die man werk darem hard so laat op ’n Vrydagmiddag.”

“Ek het ’n rowwe bolla bo-op my kop gehad en was in gemaklike klere en plakkies geklee, min wetend oor watter groot geleentheid op my wag . . ."

Dis eers toe sy ’n briefie met instruksies op die voordeur sien wat sy gewonder het:

Die briefie wat Danieka op die voordeur ingewag he
Die briefie wat Danieka op die voordeur ingewag het.

“Oe, jinne, wat is nou aan die gang?”

Sy het die deur oopgestoot en is binne oral deur rooi rose omring.

Hugo her vir haar ’n pad met roosblare en kerse uitgelê. 

Die paartjie kuier in Hugo se geboorteland, Namibi
Die paartjie kuier in Hugo se geboorteland, Namibië.

Sy het die instruksies in haar briefie gevolg en op ’n stoel voor die televisie gaan sit. 

Danieka het gelees dat sy die speelknoppie op Hugo se foon moet druk.  

Op die TV-skerm voor haar het daar toe ’n video van hul soetste oomblikke saam begin speel – van hul vakansies, kosbare herinneringe en oomblikke saam met hul geliefdes en honde.

Die paartjie deel soene in Praag.
Die paartjie deel soene in Praag.

Hul gunstelingliedjie, "I Choose You" van die Amerikaanse sangeres Sara Bareilles, het gespeel terwyl sy hul mooi storie voor haar herleef het. 

Toe die video eindig het Hugo die vertrek binnegekom.

Hy het vir haar gesê hoe lief hy haar het en op sy knie neergesak om vir haar die jawoord te vra.

Die groot oomblik toe Hugo op sy knie sak. Foto: C
Die groot oomblik toe Hugo op sy knie sak. Foto: Carla Marx Photography

Die verliefde paartjie gedurende 'n wegbreek in Gr
Die paartjie gedurende 'n wegbreek in Griekeland.

Trane van blydskap het gevloei terwyl Danieka geantwoord het: “Absoluut!”

In dié stadium het sy nog nie geweet dat albei se gesinne in die agtertuin by die braaiarea gewag het om dit saam met hulle te vier nie.

Hugo se ouers, Paul en Susan Ludik, het uit Windhoek gekom, en ook sy ouboet, Stefan Ludik (38), voorheen hoofsanger van Elvis se Seun, en sy aktrisevrou, Anelle Ludik (36).

Die paartjie woon deesdae ook in die Ludik-broers se geboorteland, Namibië.

View this post on Instagram

Te lekker by die see ??????

A post shared by Stefan Ludik (@stefanludik1981) on

Danieka se ouers, Nanette en Paul du Plessis, haar suster, Lauren (32), en broer, Michael (31), was ook almal daar.

Hugo se ouers, Susan en Paul Ludik.
Danieka se ouers, Nanette en Paul du Plessis.
Danieka se ouers, Nanette en Paul du Plessis.

"Hy het gesê ek moet gou ’n bottel vonkelwyn in die yskas gaan kry, en toe ek in die agtertuin kom, is ek deur ons familie verras. Dit was baie spesiaal," borrel Danieka.

Die fotograaf Carla Marx het toe die spesiale oomblikke van die dag vasgevang.  

Die paartjie se paaie het die eerste keer in November 2016 gekruis. Hulle het gemeenskaplike vriende, en Hugo het reeds vroeg in 2016 vir haar ’n vriendskapversoek op Facebook gestuur.

Hulle was maande net kennisse op Facebook toe Hugo op ’n dag vir haar 'n boodskap gestuur het en gesê het dat hy haar graag eendag op 'n afspraak sal wil neem. 

Danieka se verloofring is witgoud, met ’n sitriens
Danieka se verloofring is witgoud, met ’n sitriensteen wat deur klein diamantjies omring word.

Kort hierna het hy haar uitgenooi om ’n groot braai by sy huis by te woon.

Danieka het hom toe nog nie ontmoet nie. Sy het onseker haar bestemming met haar ma gedeel toe sy instem om wel na die braai te gaan.

Toe sy by Hugo se huis aankom, het hy haar in die oprit ingegewag.

“Die oomblik toe ons ontmoet, het ons onmiddellik goed oor die weggekom. Ons het grappies gemaak, gelag en gesels,” sê Danieka.

Die koeël was deur die kerk.

Die paartjie geniet dit om op Sondae te braai.
Die paartjie geniet dit om op Sondae te braai.

Hugo loop al die afgelope jaar met die ring in sy sak rond, maar wou die ideale geleentheid kies om vir haar die jawoord te vra. 

Hy het sy kans waargeneem toe hy ’n dag kon kry wat albei se gesinne gelyk in Johannesburg kon wees. 

Sy ma het al meer as ’n jaar gelede stilletjies gehelp om die grootte van Danieka se ringvinger te kry. 

Hulle was in Desember 2018 saam met Hugo se ouers op vakansie by Langstrand, tussen Swakopmund en Walvisbaai, toe die twee vroue besluit het hulle gaan 'n bietjie vir ’n uitstappie winkels toe. 

Hulle het toe sommer vir die pret in ’n juwelierswinkel rondgeloop, na ringe en halssnoere gekyk.

Hugo se ma het mooi opgelet om presies vas te stel waarvan Danieka hou. 

Terug by die huis, het Danieka nog geterg: “Ek het vandag my trouring gekry.”

Haar verloofring is witgoud met ’n sitriensteen wat deur klein diamantjies omring word. 

Hugo en Vaughan Gardiner.
Hugo en Vaughan Gardiner.

Die paartjie het nog nie op ’n troudatum besluit nie.  

Dit was ’n jaar van groot veranderinge vir Hugo. Benewens die verlowing het Adam onlangs ontbind en fokus hy nou al sy aandag op Muse Studios, sy vennootskap met die sanger en musiekvervaardiger Vaughan Gardiner. 

Hugo in sy ateljee in Randburg.
Hugo in sy ateljee in Randburg.

Danieka, wat as ’n verkoopsbestuurder werk, is tussendeur haar werk ook besig met haar graad in bedryfsielkunde aan die Universiteit van Suid-Afrika. 

“Ons albei het maar besige roosters, maar vir nou geniet ons net die tyd saam en sien uit daarna om aan ons troue te beplan sodra dinge rustiger is,” sê sy.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebooken teken gerus in op ons nuusbriewe.