Nou lyk dit of die sangeres eindelik reg is om met haar lewe voort te gaan.

Volgens gerugte is haar nuwe kêrel ’n ou vriend met wie sy glo “ ’n hegte band” en “spesiale verbintenis” het. 

Adele en Skepta, ’n rapper van Noord-Londen, het glo op ’n rits afsprake gegaan nadat sy ’n egskeiding gevra het. 

Die bespiegelings dat hulle uitgaan, het ontstaan toe hulle in September die rapper se 37ste verjaardag saam gevier het. 

Maar wie is die aantreklike man in die 31-jarige sangeres se lewe?

View this post on Instagram

Another day another blessing @placesplusfaces

A post shared by Skepta (@skeptagram) on

Hy is 'n bekroonde "grime rapper". Apple Music het sy album Konnichiwa van 2016 as beste album aangewys. 

In dieselfde jaar het hy die Mercury-musiekprys gewen en mense soos David Bowie en Radiohead uitgestof. 

Grime, die genre waarin Skepta rap, is ’n soort elektroniese dansmusiek met invloede van dancehall, ragga en hip-hop.

naomi campbel,model
Luidens gerugte het Naomi Campbell Skepta gelos nadat hy tydens hul verhouding ’n vrou swanger gemaak het. Foto: Gallo Images/Getty Images

MEER OOR SKEPTA

  • Hy is ’n Nigeriese stamhoof. 
  • Hy en Naomi Campbell was glo in 2016 in ’n verhouding. 
  • Hy is die pa van ’n babadogter wat einde 2018 gebore is. Die identiteit van haar ma en naam van die babameisie is onbekend.
BRONNE: HOLLYWOODLIFE.COM

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.