Ons het ’n paar bekendes gevra wat hul geliefkoosde internasionale kookkuns is.

Melinda Bam
Thaise groenkerrie laat Melinda Bam, die Wie’s Jou Poppie?-aanbieder en voormalige Mej. Suid-­Afrika, se mond die meeste water.

Sy en haar man, die sakeman Adriaan Bergh, beproef graag eksotiese geregte op hul wêreldreise.

Maar Thaise groenkerrie laat die Wie’s Jou Poppie?-aanbieder en voormalige Mej. Suid-­Afrika se mond die meeste water.

“Dit is die beste kombinasie van vars en geurryk wat die gevoel van branderigheid en romerigheid gee en steeds gesond is,” verduidelik sy.

“Ek het dit vir Adriaan gemaak toe hy die eerste keer by my kom eet het. Hy het gesê hy eet branderige kos (al was dit toe nog nie die geval nie). Ek het die maaltyd ekstra warm gemaak. Hy het ná een hap stil geword, maar ten spyte van die branderigheid elke happie opgeëet en daarna ook die tweede bak wat ek vir hom ingeskep het.”

Dapper man!

Reandi Grey
Seekospaella is Reandi Grey, die aktrise wat Esti in 7de Laan speel, se geliefkoosde gereg.
Seekospaella is die aktrise wat Esti in 7de Laan speel se geliefkoosde gereg.

Seekospaella is die aktrise wat Esti in 7de Laan speel se geliefkoosde gereg.

“Dit is ’n tradisionele Spaanse gereg wat sy oorsprong in Valencia gehad het,” vertel Reandi oor dié rysgereg met talle variasies. Plaasarbeiders het dit oorspronklik oor ’n houtvuur vir middagete saamgeslaan.

Markus Haywood
Markus Haywood, wat Willem in 7de Laan speel, is versot op Mexikaanse kos.

Markus Haywood, wat Willem in 7de Laan speel, is versot op Mexikaanse kos.

“Dis vars, mooi en geurryk, en dink jy aan Mexiko, dink jy aan tequila en siësta! Wat is daar om nié van te hou nie?”

Hy sukkel om ’n gunsteling uit te sonder, want hy geniet “van taco’s en nacho’s tot quesadillas en jalapeño-poppers. Dis alles ongelooflik!”

Caroline-Grace Brüssow
Caroline-Grace Brüssow het ’n voorliefde vir Japannese kos ontwikkel: 'Dit word met soveel liefde en perfeksionisme voor­gesit.'

Sy het ’n voorliefde vir Japannese kos ontwikkel toe haar man, die voormalige Springbok- en Cheetah-rugbyspeler Heinrich Brüssow, vir die Japannese klubspan The Red Hurricanes uitgedraf het.

“Ek het vier jaar saam met my man daar gebly, en ons het die uniekste kosse ervaar,” vertel die sangeres en The Voice SA-deelnemer.

“Dit word met soveel liefde en perfeksionisme voor­gesit.”

Die heel lekkerste vir haar is ramen, ’n geurige tradisionele noedelsop, net reg vir opslurp.

Lea Vivier
'Ek kan nie genoeg kry van die speserye en smake van Turkse kos nie,' vertel die Binnelanders-aktrise Lea Vivier.

Sy was in die sewende hemel toe sy Turkye in 2011 besoek het, vertel die Binnelanders-aktrise.

“Ek kan nie genoeg kry van die speserye en smake van Turkse kos nie. Hulle maak die lekkerste platbrode gevul met hummus, tzatziki, falafels en nog meer.”

Haar gunsteling is Turkse bokmelkroomys.

“Die roomys smelt nie so maklik soos gewone roomys van koeimelk nie. Ek is nie ’n groot aanhanger van Turkse lekkers nie, maar Turkye s’n is ’n ander storie. Ek het dit vir oggend-, middag- en aandete verorber! Dadels in Turkye is natuurlik ook uit die hemel.

“As ek myself wil bederf, koop ek soms dadels wat uit Turkye of Indië ingevoer is.”

Wil jy ook smul aan kos van oraloor?
Met Huisgenoot Wêreldkos, ’n nuwe Huisgenoot-publikasie, neem ons jou op ’n smul-avontuur oor die wêreld heen, van Suid-Amerika deur Europa tot in die Ooste.

Met Huisgenoot Wêreldkos, ’n nuwe Huisgenoot-publikasie, neem ons jou op ’n smul-avontuur oor die wêreld heen, van Suid-Amerika deur Europa tot in die Ooste.

Ervaar die smake van 15 lande se kos en voel of jy self op reis is!

Lê weg aan feijoada, ’n Brasi­liaanse vleisbredie, smul aan Nederland se stroopwafels, bak pretzels soos die Duitsers, maak ’n eg Griekse baklava of ’n soet suur Chinese roerbraai. Of beproef seekosgeregte uit Mosambiek, Japannese soesji, Indiese en Thaise kerries en Italiaanse pastageregte.

Dis nou teen R48 in winkels te koop of digitaal by mysubs.co.za. Of bel 021-406-4962 of bestel dit aanlyn by huisgenootwinkel.com

FOTO'S: JACQUES STANDER, MARTIN DE KOCK, DINO CODEVILLA, VERSKAF, INSTAGRAM/@CHARL.FLEURS, INSTAGRAM/@ANDREJFO, INSTAGRAM/@CATRIONAANDREW