Die 43-jarige Eva pryk saam met haar babaseun (2 maande) op die tweejaar-gedenkvoorblad van die Amerikaanse tyd­skrif Hola!

Klein Santiago Enrique is die oulikste klein model.

Die nuwe ma het ook onlangs met Entertainment Tonight oor haar seuntjie gepraat. Sy pa is die mediamagnaat José “Pepe” Bastón (50).

“Hy is ’n droom; so ’n soet baba,” het die Desperate House­wives-ak­trise gekoer.

“Ek hou duim vas. Hy is so maklik, so oulik. Ons is gelukkig. En hy is gesond. Alles wat hy doen, is so oulik; die geluidjies wat hy maak, sy glimlag . . .”