Claudia Henkel het onlangs 'n tweeling gehad, Jo-Ann Strauss is swanger met haar derde kind en Tatum Keshwar is ook swanger.

Claudia, Mej. Suid-Afrika van 2004, het op 23 Januarie aan haar tweeling die lewe geskenk. Sy skryf op Instagram dat haar tweeling haar “20 klein vingers en 20 klein toontjies, volmaaktheid” besorg het. “Wat ek en jul pa, Orin, voel, is onbeskryflik, so baie liefde, so baie seëninge, so dankbaar.”

A post shared by Claudia Henkel (Roesstorff) (@claudiahenkelsa) on

Jo-Ann, wat in 2001 as Mej. Suid-Afrika gekroon is, het onlangs aangekondig sy en haar man, dr. Michael Held, verwag hul derde kind. Die pragtige model en sakevrou is reeds die ma van twee kinders.

A post shared by Jo-Ann Strauss (@jo_annstrauss) on

Tatum, wat in 2008 met die kroon weggestap het, sê sy is dankbaar vir al die mooi wense wat sy en haar man, Warren Wheatley, kry en sien uit na die reis. “Dankie vir al die wonderlike wense. Ons voel so geliefd en geseën en so opgewonde vir die reis,” skryf sy op Twitter.

Sy het einde Januarie die spesiale nuus met haar aanhangers op Facebook gedeel: “So ongelooflik opgewonde om ons spesiale nuus te deel: Ons verwag!”