Dié 43-jarige het erken sy drink kwaai ná haar skeiding van haar vervreemde man, Stephen Belafonte (43), en die dood van haar pa, Martin Brown, verlede jaar.

Mel, wie se regte naam Melanie Brown is, wil haar by ’n Britse kliniek laat opneem om behandeling te kry nadat posttraumatiese stressindroom by haar gediagnoseer is. 

“Die afgelope ses maande was vir my ontsettend swaar. Ek het saam met ’n skrywer aan my boek, Brutally Honest, gewerk. Dit was ongelooflik traumaties om ’n verhouding te herleef waarin ek emosioneel mishandel is én om so baie reuse­kwessies in my lewe te konfronteer,” sê die Spice Girl-ster.

Mel en Stephen saam met Phoenix (19), wie se pa die Nederlandse akteur Jimmy Gulzar is, Angel (11), wie se pa die komediant Eddie Murphy is, en Mel en ­Ste­ph­en se dogter, Madi­son (6). Foto: Gallo Images/Getty Images

Haar erkenning kom nadat haar vriend Rusty Updegraff aan nuusbronne gesê het haar drinkery en seksdrang is buite beheer.

Rusty, wat hom van Mel gedistansieer het terwyl sy met Stephen getroud was, maar onlangs weer met haar bevriend geraak het, sê sy is “seksmal” en het in die nasleep van haar smerige egskeiding by tot drie mans op een dag geslaap. 

“Mel het met die jare ál gekker geraak, en ek het genoeg gehad. Ek kan dit nie meer vat nie. Sy drink elke dag wanneer sy nie werk nie. Haar aptyt vir seks ruk handuit. Jy kan geen man na haar huis toe neem nie,” beweer Rusty.

BRONNE: THESUN.CO.UK, INSTYLE.COM