Sy het haar lang, rooi lokke laat afsny en spog nou met heelwat korter hare. 

Amalia het 'n foto van haar nuwe voorkoms op Instagram gedeel en daarby geskryf: “So dit het gister gebeur. Korste wat ek ooit gegaan het en ek is mal daaroor!”

Ons het Amalia leer ken as San-Mari van Graan in die sepie 7de Laan waarna sy ook 'n draai in Binnelanders gemaak het. 

Sy het onlangs ook die knoop deurgehaak met Shaun Golding, 'n watertegnoloog, en woon in Tamboerskloof, Kaapstad. 

Amalia se aanhangers was duidelik mal oor haar nuwe voorkoms en het geskryf hoe goed sy lyk. 

Dit is egter nie net Amalia wat spog met 'n korter haarstyl nie. 

Die aktrise Diaan Lawrenson het in 2017 haar blonde hare afgesny en lyk beeldskoon in haar heelwat korter hare. 

Die sangeres Karlien van Jaarsveld het verlede maand ook 'n draai by die haarsalon gemaak. 

Ek het my hare gesny! Alweer??

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

En ander wat ook daardie tikkie verandering soek, kleur hulle hare. 

Die aktrise Simoné Nortmann het haar blonde hare rooi gekleur.

After. ??????

A post shared by s i m o n é n o r t m a n n (@simonenortmnn) on