Dit is wat gebeur as jy agt uur per dag saam met ’n beroepsdanser aan ’n dansroetine oefen.

“Ek het nooit gedink my liggaam kan so ver­ander nie,” sê hy oor sy deelname aan die M-Net-­werklikheidsreeks Dancing with the Stars.

Saam met sy dansmaat, Ash-Leigh Hunter, op die dansvloer. Foto: Instagram

Eden (26) het in sy volwasse lewe al die skaal in teenoorgestelde rigtings gedruk. Hy het 70 kg geweeg toe hy 21 jaar oud was en vir modelwerk die Milanese Modeweek bygewoon het.

Eden toe hy vir sy modelwerk 70 kg geweeg het. Foto: Instagram

Toe hy 23 jaar oud was, het hy meer kragoefeninge begin doen en met die spiere wat hy aangesit het in ’n stadium 110 kg geweeg. 

Al het hy gewig af­geskud, sê Eden die dansery het sy spiere meer defi­nisie gegee. Foto: Instagram

Nou weeg hy 83 kg. “Ek was nooit ’n aanhanger van kardio-oefeninge nie omdat my metabolisme vinnig is en ek vinnig gewig verloor. Ek moes altyd daarteen veg.”

Deur te dans kyk hy nou met ander oë daarna.

Kyk net so 'n danslyf! Foto: Instagram

“Ek is skraler en my lyf se definisie het verbeter.”

Die dansery is nie net vir hom ’n fisieke uitdaging nie; dis ook geestelik.