Jenna gaan met haar lewe aan. Vroeër dié maand is die aktrise op ’n aandete-afspraak in Kalifornië gewaar waar sy alte danig met haar nuwe kêrel, die akteur en sanger Steve Kazee (43), geraak het.

Dié romantiese uitstappie het plaasgevind skaars dae nadat Jenna (37) met haar vervreemde man, Channing Tatum (38), herenig het ter wille van hul vyfjarige dogter, Everly.

View this post on Instagram

This little ? of mine I’m gonna let it shine ???

A post shared by Jenna Dewan (@jennadewan) on

Die voormalige egpaar, wat in 2009 getroud is en in April bekendgemaak het hulle skei, het hul dogter eerste gestel toe hulle onlangs kostuums aangetrek het om Halloween te vier.

Maar al het albei nuwe verhoudingsmaats – Channing gaan glo met die sangeres Jessie J (30) uit – is daar geen kwade gevoelens tussen die ekse nie.

“Hulle het geskei, want hulle het geweet hulle moenie meer bymekaar wees nie,” onthul ’n bron. “Hulle is albei gelukkig.”

Jenna, wat in Oktober ­amptelik ’n egskeiding van die ­Magic Mike-­ster gevra het, gaan blykbaar al die afgelope paar maande met Steve uit.

“Sy het met haar lewe aangegaan ná haar huwelik en is bly sy het iemand nuuts ontmoet,” beweer ’n bron.

“Steve behandel haar goed. Sy is hoopvol oor die toekoms, maar loop sake nie te ver vooruit nie.”