Gal Gadot (32)

Gal Gadot

Die ster van Wonder Woman is in 2004 as Mej. Israel gekroon . . . tot haar groot verbasing. “Ek’t gedink dit sou ’n lekker ervaring wees, maar nooit gemeen ek sou wen nie. Ek was geskok.”

Selena Gomez (25)

Selena Gomez

Dit was van vroeg al af duidelik roem wink vir dié sangeres en aktrise. Kyk net dié foto van haar wat ’n modelkompetisie wen!

Sharon Stone (59)

Sharon Stone

Die Basic Instinct- aktrise het heelwat preutser gelyk toe sy in 1975 as Mej. Crawford County gekroon word. ’n Beoordelaar het haar aangeraai om modelwerk in New York te doen, en so is ’n ster gebore.

Halle Berry (51)

Halle Berry

As Mej. Ohio was Halle in 1986 die eerste prinses in die Mej. Amerika- kompetisie. Sy het destyds in haar onderhoud gesê haar droom is om ’n loopbaan in die vermaakbedryf te hê – en kyk nou net!

Vanessa Williams (54)

Vanessa Williams

Die sangeres en aktrise was in 1983 die eerste swart Mej. Amerika, maar moes 10 maande later weens ’n kaalfotoskandaal van die titel afstand doen.

Oprah Winfrey (63)

Oprah Winfrey

In 1971 het sy die skoonheidstitels Mej. Brandvoorkoming en Mej. Swart Tennessee gewen. Gevra wat sy met ’n miljoen dollar sou doen, het sy die beoordelaars groot genot verskaf toe sy antwoord: “Ek sou ’n spandabele dwaas wees!”

Eva Longoria (42)

Eva Longoria

Toe sy Mej. Corpus Christi 1998 wen, was ’n kans om aan ’n talentprogram in Los Angeles deel te neem ook op die spel. Dié skoonheid van Texas het dit ook gewen en toe besluit om ’n aktrise te word