Die countrymusikante Faith Hill en Tim McGraw vermaak tans hul hordes aanhangers met Soul2Soul, hul derde gesamentlike wêreldtoer.

En die twee mooi mense, wat onlangs hul 21ste huweliksherdenking gevier het, gesels openhartig oor wat hul hoëprofielhuwelik aan die gang hou. Al kan hulle skaars genoeg van mekaar kry, sorg hulle dat hulle alleentyd opsysit.

“Ons het albei ons daaglikse roetine en elkeen het sy eie aantrekkamer. Ons het elkeen ons eie ruimte sodat ons ektyd kry,” het Faith (50) aan die nuustydskrif Time gesê.

Die egpaar, wat verlief geraak het toe hulle in 1996 saam getoer het, het ook onthul hulle ruim altyd tyd in vir afspraakaande. En as kunstenaars wat al jare lank saam optree, is daar een gebruik wat hulle getrou nakom.

“Ek en Tim maak altyd tyd vir ’n vinnige stil oomblik om te bid voor ons die verhoog betree,” sê Faith