"Ek het baie lank terug ’n verandering met my hare gedoen," vertel die voormalige Mej. Wêreld.

Sy en haar goeie vriend, die stilis Werner Wessels, was verlede week besig met ’n fotosessie en het besluit om ’n verandering te probeer. 

"Werner wou my hare aanvanlik ook laat sny, maar ek is nog nie gereed vir die sny nie," vertel Rolene.

"Toe besluit ons om dit vir ’n verandering eerder ’n bietjie blond te kleur."

Die uitkoms van die transformasie.
Die uitkoms van die verandering.

"Ek is in ’n stadium van my lewe waar ek besef dat daar soveel dinge is wat net tydelik is. Een van hulle is hoe jou hare lyk, so dit was glad nie vir my moeilik om my donker hare vaarwel toe te roep nie. Dit bly wel ’n aanpassing en iets om aan gewoond te raak. Maar die donker hare is iets waarna ek altyd kan terugkeer," vertel die beeldskone dokter, wat die afgelope jaar betrokke is by die RevitaHealth-sentrum in die Paarl se bemarking.

Sy het verlede week haar eerste kleursessiein Pretoria ondergaan. 

In die proses van 'n verandering.
In die proses van 'n verandering.

"My haarstilis, Eloise (Steyn), het omtrent vier en ’n half ure aan my hare gewerk. Ons beplan om nog so ’n paar goedjies te doen. So ek dink dit gaan so twee tot drie besoeke vat om te kom tot waar ons uiteindelik graag met my hare wil wees."

"Almal vra altyd of blondines of donkerkoppe meer pret het," lag Rolene.

Het sy dalk vir ons die antwoord?

"Ek dink die mense wat onlangs deur ’n verandering gegaan het en daarvan hou, het die meeste pret. Dis altyd lekker en opwindend om iets nuut te doen. Ek dink as jy ’n verandering gemaak het en gelukkig is met jou hare dan het jy meer selfvertroue en ek dink dis wat vir jou laat voel dat jy meer pret het."

Sy het vir haar aanhangers op Instagram gevra of hulle haar met blonde of donker hare verkies. Die algemene gevoel was dat albei van die keuses haar soos ’n handskoen pas. 

Ons stem saam!