Owen (51), wat al in flieks soos Wedding Crashers te sien was, se eksmeisie, Varunie Vongsvirates, het in die openbaar ’n beroep op die akteur gedoen om sy babadogter, Lyla, te ontmoet en tyd saam met haar deur te bring.

Volgens Metro het Owen nog nooit sy eenjarige dogtertjie ontmoet nie.

Die akteur en Varunie het vir vyf jaar ’n aan-af verhouding gehad en is uitmekaar voor hul dogter in Oktober 2018 gebore is. Sy heet Lyla Aranya Wilson.

In nuwe hofdokumente wat Radar Online onder oë gehad het, word onthul Owen betaal R375 000 ($25 000) per maand vir die kind se onderhoud.

Daar word ook in die dokumente melding gemaak van ’n eenmalige betaling van R1 miljoen ($70 000) om die kostes van ’n nagverpleegster, kraamafrigter en Varunie se regskostes te dek.

Die akteur van Wedding Crashers-faam het gevra vir ’n vaderskapstoets toe Varunie beweer het hy is die pa, berig The Sun. Owen het intussen ingestem om sy dogter deel van sy Screen Actors Guild mediese versekering te maak.

Varunie het om alleentoesig aansoek gedoen en ingevolge die ooreenkoms neem sy al die besluite rondom Lyla se gesondheid, opvoeding en welsyn.

Sy het aan Daily Mail gesê die akteur is “glad nie betrokke” in hul dogter se lewe nie.

View this post on Instagram

Prettiest girl in the ??

A post shared by Varunie (@varunie) on

Varunie sê Owen “help finansieel, maar dit het nog nooit daaroor gegaan nie. Lyla het ’n pa nodig. Dis ironies hoe hy gedurig hierdie rolle as pa kry. Hy speel ’n pa in sy nuwe fliek, en hy’t nog nooit sy eie dogter ontmoet nie.”

Op ’n vraag of sy ’n boodskap vir haar eks het, het Varunie gesê: “Jy moet jou dogter ontmoet; sy’s ongelooflik. Jy mis werklik uit. Sy lyk nes jy.”

View this post on Instagram

I love you so much! ?? #lylaaranyawilson

A post shared by Varunie (@varunie) on

Owen het twee seuns, Robert (8), by sy eksmeisie, Jade Duell, en Finn (5) by sy fiksheidsafrigter Caroline Lindqvist, wat een van sy jarelange vriende is.   

Bronne: Metro, Radar Online, The Sun, Daily Mail