Anelle het aan Huisgenoot vanuit Stefan se tuisland, Namibië, gesê hulle wil nog nie veel oor die swangerskap verklap nie, maar hulle is bitter opgewonde. 

Die paartjie is einde April vanjaar getroud, en Huisgenoot was by die sprokiestroue. 

Anelle het dié ougat foto op Facebook gedeel en aangekondig dat hulle ’n pienkvoet verwag. 

Stefan is die hoofsanger in die groep Elvis Se Seun en het al in verskeie sepies verskyn. Hy en Anelle het mekaar destyds op die stel van Binnelanders ontmoet toe sy ook in die sepie gespeel het. Maande daarna het ’n romanse opgevlam. 

Met hul sprokiestroue het Anelle aan Huisgenoot gesê: “Ons wil kinders hê, so ons gaan nie lank wag nie. Ek dink Stefan gaan ’n wonderlike pa wees.” 

Die tweetjies was in Griekeland op wittebrood en het foto’s van dié spesiale vakansie met Huisgenoot gedeel. 

Die wittebroodspaar steel ’n soen.
Anelle teen ’n tipies Griekse agtergrond.