Een van die produksies op die fees is die teaterstuk Koningin Lear, ’n verwerking en herverbeelding van William Shakespeare se King Lear. 

Die aktrise Rolanda Marais sê dit is ongelooflik om die verhoog met mense soos Anna-Mart van der Merwe, Antoi­nette Kellermann en André Roothman te deel. 

(Van links) Marthinus Basson (regisseur), Anna-Mar
(Van links) Marthinus Basson (regisseur), Anna-Mart van der Merwe, Wilhelm van der Walt, Rolanda Marais, André Roothman en Edwin van der Walt het al in November begin repeteer. Foto: Verskaf

“Akteurs bly mos eintlik jonk van gees; dus speel almal baie goed saam,” sê sy.

“Die temas in Shakespeare se stukke is menslik, nie tyd- of eragebonde nie,” vertel die akteur Edwin van der Walt oor die moderne stuk. 

Rolanda en Edwin neem ’n prettige selfie.
Rolanda en Edwin neem ’n prettige selfie. Foto: Verskaf

Wilhelm van der Walt sê dit het hom langer as gewoonlik geneem om die woorde onder die knie te kry. 

“Die hogere Afrikaans was nogal uitdagend,” vertel die akteur.