Die aktrise, wat al te sien was in onder meer die gewilde SABC 2-dramareeks Erfsondes en die kykNET-regsdrama Fynskrif, het met Huisgenoot oor die blye nuus gesels.

Die paartjie het in Februarie uitgevind dat die ooievaar hulle later vanjaar gaan besoek.

“Ek is nou 20 weke swanger,” verklap Erica.

Sy en Willem is op 10 Desember 2016 by die Winery Road Forest buite Stellenbosch getroud.

View this post on Instagram

My own anti~Valentiner ?

A post shared by Erica Wessels (@ericawes_) on

“Ons is natuurlik ongelooflik bly en verskriklik dankbaar. Ons pad om hier uit te kom het 'n bietjie langer gedraai as die meeste mense s’n, maar dit was ook ’n leerskool,” sê die aktrise. 

Sy het later by c Instagram-foto, waar haar kat lê  op oulike babaklere wat hulle reeds vir hul eersteling aangeskaf het, geskryf:  “Mila knip ’n uiltjie op haar sussie se klein uitrustings. 20 weke om te gaan.”

Van die aktrise se Instagram-volgelinge het die paartjie gelukgewens met die groot nuus.

“O jinne!!! Baie geluk! Dis wonderlike nuus. Geluk, engel,” skryf die bekroonde aktrise Nicola Hanekom. 

“Wonderlike nuus,” het die aktrise en draaiboekskrywer Sandra Vaughn laat hoor. 

Sy en Willem span tans op die prentjiemooi La Digue-eiland in die Seychelles uit. 

Die aktrise het intussen die eerste foto op die eiland gedeel waarin haar bababoep sigbaar is. 

“Alles maak op die ou einde sin en ons kan nie wag om haar te ontmoet nie,” sê Erica.