Die ander groot liefde in Lea Vivier se lewe is ko
Die ander groot liefde in Lea Vivier se lewe is kosmaak. Foto: Instagram/@vivier.lea

“Om te kook moet altyd ’n sosiale aktiwiteit wees. Ek hou van kosmaak saam met en vir ander mense,” vertel die aktrise, wat nou in die nuwe SABC2- reeks Die sentrum te sien is. 

Wanneer Lea onthaal, sit sy ’n feesmaal vir haar gaste voor, maar wanneer sy alleen is, is sy gelukkig met ’n sny rogroosterbrood met grondboontjiebotter.

5 bestanddele waarmee jy elke dag kosmaak? 

Olyfolie, groen groente (soos broccoli en murgpampoen), Spaanse gerookte paprika, grondboontjiebotter en piesang. 

4 mense, dood of lewend: Wie sal jy vir ete wil nooi?

Nelson Mandela, my twee susters en beste vriendinne, Trix en Meije Vivier, en Meryl Streep. 

3 mense wat jy in die sosiale media volg en met wie jy graag sou wou saamwerk? 

Die aktrise Thuso Mbedu, die Kanadese akteur Elliot Page en die Amerikaanse aktrise Zoë Kravitz. 

2 goed op jou emmerskoplys?

Om New York of Los Angeles te besoek en die regisseur te wees van my eie fliek. 

1 lewensles wat jou ma jou geleer het?

Leef voluit.

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe