Op ’n reënnat Kaapse lenteoggend kan nie eens die druk verkeer op die snelweg Melanie du Bois keer om haar aan ’n reënboog te verwonder wat sierlik bo die stadsilhoeët en Tafelberg in die lug hang nie.

Vir dié Johannesburgse boorling wat net meer as ’n jaar gelede hier kom nesskop het, het dit vandag ’n besonderse betekenis. 

“Dis hier in die Kaap waar ek my eie reënboog gevind het,” verduidelik die aktrise toe sy by Huisgenoot se kantoor in die middestad vir ons ’n foto van daardie reënboog op haar selfoon wys.

“Ek is deur ’n stormagtige tyd in my lewe, en nou het ek eindelik my treasure aan die einde van die reënboog in Kaapstad gevind,” vertel sy, en ’n lieflike glimlag verhelder haar gesig soos ’n sonstraal wat deur die wolke breek.

In daardie skatkis het sy haar passie vir toneelspel herontdek nadat sy twee jaar tevore uit die vermaakbedryf getree het. 

“Ek is deur ’n stormagtige tyd in my lewe, en nou het ek eindelik my treasure aan die einde van die reënboog in Kaapstad gevind,” vertel sy, en ’n lieflike glimlag verhelder haar gesig soos ’n sonstraal wat deur die wolke breek.

Melanie het pas in die tweede seisoen van die gewilde kykNET & kie-telenovelle Arendsvlei die rol van Ronel Foster hervat. 

Net soos haar karakter, wat uit Clanwilliam getrek het om nuut in die Kaap te begin, het Melanie hier ’n nuwe lewe vir haar en haar dogter, die 12-jarige Roxy, kom bou. 

Dit was ná ’n moeilike en traumatiese tyd in haar lewe waarin sy die een skok ná die ander moes verwerk.

Melanie het in 2015 haar suster Lucia Wilson (47) en susterskind Michael (23) binne drie maande aan die dood afgestaan. 

En in 2016 het haar paaie met dié van die SABC2-sepie 7de Laan en haar eksman geskei. Sy verkies om nie verder hieroor uit te wei nie.

In dié tyd is bipolêre gemoedsteuring en angs toe ook by haar gediagnoseer. 

“Alles in my persoonlike en profes­sionele lewe het net te veel vir my geword, want alles het op een slag gebeur,” vertel sy in haar eerste onderhoud sedert 2016.

“Ek het geen skaamte oor my siekte nie,” benadruk sy. 

“Ek is ’n ambassadeur vir geestesgesondheid. Dié siekte kan tot selfdood lei as jy nie iets daaromtrent doen of met medikasie daaroor beheer neem nie.” Dit is wat sy self gedoen het – en steeds doen. 

En nou sien sy die silwer randjie selfs wanneer die donkerste wolk verskyn en weet sy geen onweer hou vir ewig nie.

“Ek is ’n ambassadeur vir geestesgesondheid. Dié siekte kan tot selfdood lei as jy nie iets daaromtrent doen of met medikasie daaroor beheer neem nie.” Dit is wat sy self gedoen het – en steeds doen.

Tog erken sy: “Dit is soms moeilik om soggens op te staan en ’n glimlag op my gesig te sit. Maar hoewel ek bipolêr is en aan angstigheid ly, lei ek ’n absoluut super, fabulous lewe!”

Weer sprei daardie glimlag oor haar gesig, en sy lyk rustiger en gemakliker as ooit. 

“Ek het geleer om my genuine self te word, en dit kom ook saam met nee sê vir mense. Deesdae stel ek grense.”

Dit was so amper of ons het die mooi donkerkop ná 7de Laan nooit weer op die kassie gesien nie. 

“Toe my agent my van Arendsvlei vertel, het ek nie geweet of ek regtig weer in die bedryf wou terugkom nie,” erken sy. 

melanie du bois,aktrise,7de laan
Melanie as Felicity in 7de Laan. Sy het dié rol 16 jaar lank vertolk. Foto: Facebook/@7de Laan (Amptelik)

“Felicity het 16 jaar lank my identiteit geword. Ek kon in daardie twee jaar uit die bedryf vir Felicity heeltemal afskud en Melanie weer omhels en net weer myself wees.”

Terwyl sy haar karakter in 7de Laan as ’n “goody two-shoes” beskryf, sê sy oor haar ware self: “Melanie is baie quirky.”

In haar twee jaar weg van die vermaakbedryf het sy gereeld motiverings­praatjies by skole gelewer. 

“Maar ek het weer lus gekry om toneel te speel en kreatief te wees.”

Sy het ’n video-oudisie vir Arendsvlei ingestuur, en toe sy die rol van die onderwyseres Ronel losslaan, het Melanie in Julie 2018 sak en pak Kaap toe getrek. Sy het alleen die langpad aangedurf met net een tas.

“Al wat ek gepak het, was twee paar hoëhakskoene, vier paar tekkies en twee paar sandale. Ek het minimaal gepak. Ek het nie meer so baie tierlantyntjies nodig in my lewe nie.” 

“Felicity het 16 jaar lank my identiteit geword. Ek kon in daardie twee jaar uit die bedryf vir Felicity heeltemal afskud en Melanie weer omhels en net weer myself wees.”

Roxy het intussen in die noorde by haar pa aangebly en eers vyf maande later by Melanie in die Kaap kom aansluit. Dié twee het nou in die Strand nesgeskop. 

“Roxy was nog altyd mal oor die Strand. Wanneer ons in die Kaap kom vakansie hou het, het ons altyd Strand toe gegaan en daar Belgiese wafels gaan eet. En nou woon ons daar,” sê Melanie en glimlag skoon verwonderd oor hoe goed alles uitgewerk het.

Tog is die Kaap steeds ’n “ander wêreld” vir hulle. “Ek mis my familie. Daar is trane wanneer ek met my ma oor die foon praat. 

“Dis goed vir my siel om in die Strand te wees, maar Johannesburg is in my are,” sê Melanie, wat gebore is in die voorstad Riverlea, waar haar ouers, Bennett (79) en Cathy (68) du Bois, steeds woon.

Gelukkig het sy hier “goeie vriende ontmoet wat familie geword het”. 

melanie du bois,aktrise,arendsvlei
Melanie as Arendsvlei se Ronel. Foto: kykNET & kie

Maar dit is steeds soms uitdagend vir Roxy, wat vanjaar in gr. 6 is. “Sy mis haar pa, en haar hele steunstelsel is in Johannesburg, maar sy geniet die Kaap en die natuur baie.” 

Wat die aanpassing vir Roxy moeiliker maak, is dat haar ma as TV-ster in die Kaap besonder baie aandag kry sodra sy haar voete by die voordeur uitsteek. 

“In die Wes-Kaap is 7de Laan groot. Die aandag wat ek hier oor my rol as Felicity kry, is soms vir Roxy te veel.”

Ma en dogter sal byvoorbeeld in ’n restaurant lekker aan die gesels wees wanneer aanhangers hulle onderbreek om saam met die bekende aktrise afgeneem te word.

“As jy my in die straat sien, gaan ek nie altyd glimlag of groet nie,” vra Melanie aanhangers nou sommer by voorbaat verskoning. 

“Wanneer die hartseer kom, laat ek myself toe om dit te voel. Ek moet rou oor wat gebeur het, maar dan tel ek myself die volgende dag weer op. Roxy is ook die lig in my lewe.”

Dan verduidelik sy dat sy steeds aan angstigheid en bipolêre gemoedsteuring ly, en daarby beleef sy dae wanneer die droefheid oor haar geliefde suster se dood opnuut op haar toesak. 

“Wanneer die hartseer kom, laat ek myself toe om dit te voel. Ek moet rou oor wat gebeur het, maar dan tel ek myself die volgende dag weer op. Roxy is ook die lig in my lewe.”

Haar dogter verstaan haar toestand, sê sy. “Ek sal haar die dag sê wanneer ek laag voel. Ek is openlik en eerlik met haar. Dan sal ek die volgende dag weer vir haar sê: ‘Ek is weer sterker vandag.’ Sy maak dit maklik om ’n ma te wees.”

Naweke is dit haar en Roxy se gesinstyd. “Ons probeer soveel moontlik tyd in die buitelug deurbring. Die natuur kalmeer my.” 

Vandag kyk Melanie met ander oë na die gebeure van die verlede. 

melanie du bois,aktrise,dogter
Haar dogter, Roxy (12), is een van haar grootste steun­pilare. Foto: Instagram/@melaniedubois

“Ek het gedink die storms in my lewe sou my breek, maar dit het my in ’n nuwe rigting gestuur. Dit het my ’n sterker mens gemaak. Anders sou ek nooit die chutzpah gehad het om op 44 sommer met ’n nuwe lewe te begin nie.”

Benewens haar TV-werk lewer sy ook by skole in die Wes- en Noord-Kaap praatjies oor onder meer boelies. 

Sy is self as kind geboelie, verduidelik sy. “Ek was altyd die ongewone kind op skool.”

’n Terugslag het Melanie destyds getref toe sy op 19 in ’n motorongeluk beseer is. 

Dit het haar met een been gelaat wat ’n raps korter as die ander een is. 

“ ’n Vegter. Daar is wel deesdae ’n paar plooie by, maar ek streef eindelik my doel na. Ek is opgewonde oor die toekoms.” Want ook dáár wink vir haar ’n nuwe reënboog.

“Maar ek het dit steeds in iets positiefs verander. Ek lag en sê vir kinders ek loop met ’n rol,” spot sy. 

Ook haar egskeiding het haar nie ondergekry nie, al erken sy dit het haar aanvanklik bitter gemaak. “Ek moes met my lewe aangaan; vir ’n nuwe begin moes ek vergewe.”

Is daar iemand nuuts op die liefdes­horison? “Daar is ’n glimlag op my gesig,” antwoord sy geheimsinnig, maar verder wil sy niks verklap nie.

Deesdae wanneer sy in die spieël kyk, sien sy ’n sterker Melanie. 

“ ’n Vegter. Daar is wel deesdae ’n paar plooie by, maar ek streef eindelik my doel na. Ek is opgewonde oor die toekoms.” Want ook dáár wink vir haar ’n nuwe reënboog. 

  • Stilering: Wagheeba January; Hare en grimering: Sian Bianca Moss van One League agency
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.