Olivia en Harry het die skoot hoog deur! Die paart
Olivia en Harry het die skoot hoog deur! Die paartjie is saam op die stel van Olivia se fliek, Don't Worry Darling, gekiek. Foto: Instagram/ asifali

Harry Styles en Olivia Wilde is smoorverlief en kan dit glo nie verduur om van mekaar weg te wees nie. Nadat die tweede fliek waarvan sy die regisseur is, Don’t Worry Darling, onlangs klaar geskiet is, het hulle saam-saam Londen toe gevlieg. 

“Harry en Olivia geniet dit om te reis en het baie gemaklik daarmee geraak om tyd saam deur te bring,” vertel ’n bron. “Hulle is selde van mekaar af weg en dit het sin gemaak om saam Londen toe te gaan.”

View this post on Instagram

A post shared by Olivia Wilde (@oliviawilde)

Daar is hulle met hul geliefdes herenig.

Jason Sudeikis, Olivia se eksverloofde en die pa van haar kinders, Otis (6) en Daisy (4), werk in die Britse hoofstad aan sy reeks Ted Lasso, en die kinders is by hom.

Olivia met haar kroos. Foto: Instagram/oliviawilde
Olivia met haar kroos. Foto: Instagram/oliviawilde

“Olivia sal meestal tyd saam met haar kinders deurbring, terwyl Harry by familie en vriende kuier,” sê die bron. “Hulle het vinnig ernstig geraak en het ’n intense verbintenis en band. Hulle wil glad nie sonder mekaar wees nie.”

Maar dis nie net vir Harry (27) en Olivia (36) dat die liefde blom nie.

Jason (45) leer nou die Britse model en sy Ted Lasso-medester Keeley Hazell (34) beter ken.

Die twee het mekaar in 2014 ontmoet op die stel van die rolprent Horrible Bosses 2, waarin sy ’n klein rolletjie vertolk het.

Olivia en Jason het was vir sewe jaar verloof voor
Olivia en Jason was sewe jaar lank verloof voordat hul paadjies in November 2020 geskei het. Foto: Getty Images/Gallo Images

“Hulle gaan saam uit,” verklap ’n bron na aan die akteur. “Hy geniet dit om tyd saam met haar deur te bring, maar vir eers is dit baie ontspanne. Hulle ken mekaar al ’n ruk en was nog altyd vriende.

“Dit is vir hom lekker om, terwyl hy in Londen is, iemand te hê saam met wie hy tyd kan deurbring.”

Olivia en Jason was sewe jaar lank verloof voor hulle in November bekendgemaak het hul paadjies gaan skei. Olivia en Harry het glo dieselfde maand nog ’n verhouding aangeknoop.

“Dis nog vroeg en nuut,” vertel ’n bron aan The Sun. “Hulle gaan nog net behoorlik uit sedert November, maar dinge het vinnig beweeg sedert hulle saam by sy bestuurder (Jeffrey Azoff) se troue verskyn het.”

En met dié dat Jason in Londen is, gaan sy en Harry se paadjies moontlik kruis. 

“Dit beteken hulle sal mekaar eindelik sien aangesien Jason in Londen besig is om Ted Lasso te verfilm en omdat Jason en Olivia se kinders by hom bly. Hul paadjies sal ongetwyfeld kruis.

“Dit gaan beslis interessant wees in die lig van hoe dinge tot dusver was – maar niks staan in Olivia en Harry se pad nie,” het ’n bron van The Sun berig.

Bronne: people.com, eonline.com, elle.com, pagesix.com, foxnews.com, dailymail.co.uk, thesun.co.uk