En saam met die verjaardagvieringe het die sangeres Andriëtte Norman toe ook die goeie nuus gedeel, sy verwag haar tweede kind.

Die blonde sangeres het wel Maandag op Facebook verklap dat klein Graham ’n boetie gaan bykry.

“(Wil) ook sommer met julle deel die enetjie wat op pad is, is ’n . . . Boetie!!!xxx,” het Andriëtte op haar Facebook-blad aangekondig.

Andriëtte gaan omtrent die roos tussen al die dorings wees met haar huis vol manne. Sy is ook ma vir haar man Glynn Moolman se agtjarige seuntjie, Nathan.

Andriëtte het in Maart 2018 aan Huisgenoot gesê sy is mal oor ma-wees.

“Dit gee my ’n gevoel van vervulling wat ek nooit geken het nie,” het sy gesê.