Die ster van Maleficent het egter bygevoeg dat sy vir eers “na ander mense kyk vir leierskap”.

Angie se werk as ’n spesiale gesant vir die Verenigde Nasies se hoëkommissaris vir vlugtelinge is immers goeie ondervinding vir die Withuis.

Angie wy haar energie aan haar humanitêre werk en
Angie wy haar energie aan haar humanitêre werk en haar kinders. Foto: Gallo Images/Getty Images
Angie werk as ’n spesiale gesant vir die Verenigde
Angie werk as ’n spesiale gesant vir die Verenigde Nasies se hoëkommissaris vir vlugtelinge. Foto: Gallo Images/Getty Images

Sedert sy en Brad Pitt (55) twee jaar gelede uitmekaar is, wy sy haar energie aan haar humanitêre werk en die grootmaak van haar kinders, Maddox (17), Pax (15), Zahara (14), Shiloh (12) en die tweeling, Vivienne en Knox (10).

En nou verlaat die aktivis se oudste seun die nes. Angelina het onlangs vertel Maddox maak reg om later vanjaar universiteit toe te gaan.

“Ek is so trots,” het sy aan die tydskrif People gesê. “Ek sien uit na alles wat hy gaan doen.”

Angelina en haar kinders, Maddox (17), Pax (15), Z
Angelina en haar kinders, Maddox (17), Pax (15), Zahara (14), Shiloh (12) en die tweeling, Vivienne en Knox (10). Foto: Gallo Images/Getty Images

Angie het nie verklap waar Maddox gaan studeer nie, maar haar oudste het in November saam met sy ma universiteite in Suid-Korea besoek. Hulle is op kampusse in Seoel gesien terwyl Angelina op ’n amptelike VN-besoek aan die stad was.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.