Die egpaar se seuntjie is Dinsdagoggend (18 Februarie) by die Club Surgical Centre in Hazelwood, Pretoria, geopereer.

Angelique vertel Woensdag aan Huisgenoot hulle is verlig dat die operasie suksesvol was – en dat haar klein bondeltjie liefde sommer Dinsdagaand al weer in sy eie bed kon slaap.

View this post on Instagram

My beste vriend in die hele wereld?? #tjommies #pasetrots #myhartsepunt

A post shared by Jacques Potgieter (@jacquespotgieter7) on

“Dis die derde keer wat hy dreineringsbuisies moes kry,” vertel Angelique. 

Jacques, wat voorheen vir die Franse Toulon-rugbyklub uitgedraf het, het kort voor die operasie ’n foto van hom en sy seuntjie wat ’n bietjie bang gelyk het vir die operasie in die sosiale media gedeel om te sê hoe trots hy op hom is. 

“My klein champion! Pappa sal altyd daar wees vir jou deur die goeie en slegte tye,” skryf hy.

Volgens Angelique sukkel haar driejarige seuntjie baie met sinusse en kla gereeld oor sy ore wat pyn. Adenoïede is weefsel hoër op in die keel naby die neus.

“Sy adenoïede was opgeswel en dit het teen sy oorbuisies gedruk en later vog veroorsaak. Hy het baie pyn gehad omdat alles nie mooi dreineer nie,” vertel sy. 

“Die bakterieë van die adenoïede het veroorsaak dat hy sinusinfeksie kry; daarom moes ons dit verwyder. Sy sinusse is skoongemaak en hy het dreineringsbuisies in albei ore gekry,” voeg sy by.

View this post on Instagram

My REASON for living?????? #family

A post shared by Jacques Potgieter (@jacquespotgieter7) on

Angelique en Jacques, wat ook skattige tweelingdogtertjies, Annabella en Olivia (2), saam het, hoop dis nie lank voor klein Jacques weer sy ou self gaan wees nie. 

“Hy is die liefdevolste seuntjie wat ek ooit ontmoet het. Hy het so ’n klein hartjie en wil net altyd drukkies en soentjies gee en hallo sê vir almal.” 

“Hy is ook ’n tipiese seuntjie wat stout kan wees en nie altyd luister nie, maar hy is ’n amazing kind,” sê die ma van drie. 

Jacques jr. het einde verlede jaar sy derde verjaardag met ’n safari-partytjie by die Monte de Dios-hotel en konferensieseuntrum in Pretoria gevier. 

Dit was ’n dag vol pret en plesier met gesigverf-aktiwiteite, pizza en ’n pragtige verjaardagkoek vol wilde diere. Angelique en Jacques het nes hul seuntjie in kakie-uitrustings gepronk.