“Die mooiste vrou in die wêreld verjaar vandag,” skryf Angelique se man, die rugbyspeler Jacques Potgieter, op Instagram.

"Baie geluk met jou b-day my alles! Jy's flippen amazing," het hy laat hoor by ’n swart-en-wit foto van hulle saam.

Op die kiekie staar hy liefderik na Angelique terwyl sy laggend vir die kamera poseer.

Hy het ook ’n dag na die partytjie ’n kiekie van hulle twee saam gedeel en vertel hoe lekker die partytjie saam met sy “hot vroutjie” was. "Jis @angeliquegerber83 jy's sexy," het hy ewe gekoer.

Angelique het self ’n rits kiekies van die partytjie gedeel. Hieronder was ’n kiekie saam met haar ma, Lynette Stemmet. Kyk die foto's hier: 

Angelique en Jacques se eersteling, Jacques jr. pryk ook in een van die kiekies met speelgoedgereedskap waarmee hy in die sand gespeel het. Die kleinman word in November 2018 twee jaar oud.

Die glanspaartjie het op 1 Februarie ook ’n tweeling, Olivia en Annabella, ryker geword. Angelique kan nie genoeg van haar kroos kry nie en deel gereeld kiekies van haar kleingoed in die sosiale media.

????????+????=??

A post shared by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

Perfection times two ?? #identicaltwins #olivia #annabella

A post shared by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

Tired and yet so satisfied! My best girlfriends. ????

A post shared by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on