Die rapper, wie se regte naam Malcolm McCormick was, is op 7 September aan ’n dwelmoordosis in sy huis in Kalifornië dood.

Kort nadat die nuus van sy dood bekendgemaak is, het sy aanhangers vir Ariana (25) en Pete (24), wat weke nadat sy en Mac uitmekaar is, verloof geraak het, in die sosiale media vir sy ontydige dood die skuld gegee.

Mac Miller en Ariana Grande. Foto: Gallo Images/Getty Images.

Volgens bronne het die verskriklike bewerings die slag vir die sangeres vererger.

“Ek is baie jammer ek kon nie jou pyn regmaak of wegvat nie. Ek wou regtig,” skryf sy op Instagram. Ariana beskryf Mac as “die vriendelikste, dierbaarste siel met duiwels wat hy nooit verdien het nie”.

View this post on Instagram

A post shared by Ariana Grande (@arianagrande) on

“Sy het heeltemal ineengestort nadat sy van Mac se dood uitgevind het,” het ’n bron aan People gesê. “Sy kan nie glo hy is nie meer hier nie. Hy was so ’n spesiale mens vir haar. Sy is baie, baie hartseer. Dit is vir haar ’n nagmerrie.”

Nadat Ariana en Pete nie by die onlangse Emmyprysaand opgedaag het nie, het haar span ’n verklaring uitgereik waarin hulle sê sy “gaan broodnodige tyd neem om te genees en herstel.

“Sy sal naby die huis bly en tyd saam met haar geliefdes deurbring en sonder druk aan nuwe musiek werk.”

Bronne: Esquire.com, Thesun.co.uk, People.com, Forbes.com